Die skoolhoof van Laerskool Rheenendal – wat op 24 Augustus deur tragedie getref is toe ‘n bus waarin van sy leerders gery het verongeluk en in ‘n rivier beland het, en tot die dood van die bestuurder en 14 kinders gelei het – het die mense van Suid-Afrika vir hulle milddadige ondersteuning bedank.

Samuel Williams het gesê dat hy en sy gemeenskap oorlaai was met ondersteuning wat vanuit al die dele van die land gekom het.

‘n Fonds wat deur die plaaslike koerant, die Knysna-Plett Herald, in die onmiddelike afloop van die ongeluk opgestel is, het meer as R500 000 in kontant en beloftes ingebring. Kos, klere, komberse, skooltoerusting, en aanbiedinge van hulp, het Mnr. Williams gesê, is ook deur mense van regoor die land ontvang.

“Elke foonoproep, faks, e-pos, en brief, en elke bos blomme beteken meer vir ons as wat die afsenders daarvan ooit sal kan weet,” het hy gesê.

Mnr. Williams het bygevoeg dat ‘n tweede fonds deur die skool self gestig is om die kostes van twee begrafnisdienste, wat deur sowat 7,500 mense van regoor die provinsie bygewoon is, te dek. “Aangesien die hoeveelheid begrafnisgangers die verwagte aantal gaste ver oorskry het, is daar ongelukkig steeds ‘n uitstaande bedrag van sowat R100 000 wat die skool tans probeer insamel.

“Soos u kan indink, was die begrafnisperiode ‘n besondere moeilike tyd vir ons, en ons is baie dankbaar vir al die hulp van vrywilligers en spyseniers, asook van die mense wie die markiestent, die verhoog, die stoele, die publieke adresseeringstoestel en die blomme verskaf het.

“Ongelukkig was ons nie in staat om van al die aanbiedinge wat ons ontvang het gebruik te maak nie, want soos in die geval van die kiste, byvoorbeeld, was alles wat ons nodig gehad het reeds aan ons gegee.”

Mnr. Williams het gesê dat al sy personeellede en al die kinders by die skool professionele berading ontvang het, dat sielkundiges ten alle tye beskikbaar was om ouers in die gemeenskap te help, en dat sy onderwysers onlangs ‘n geestelike genesingsnaweek bygewoon het.

Laerskool Rheenendal, wat Mnr. Williams met die hulp van onderhoof Jacobus America, 22 onderwysers en vier ondersteuningspersoneel bestuur, het 743 ingeskryfde leerders vanuit een van die armoedigste gemeenskappe in die Knysna-area.

“Met die hulp wat ons ontvang het, het ons nou die geleentheid om Laerskool Rheenendal in ‘n modelskool te laat onwikkel,” het Mnr. Williams gesê.

“Daar was geen hindernisse in hierdie tragedie nie – hulp het van mense van alle kleure en alle vlakke van die samelewing gekom, en ons kan op geen wyse elkeen wat ‘n bydrae gemaak het genoegsaam bedank nie,” het Mnr. Williams gesê.

Hy het bygevoeg dat die begrafnisdiensfonds – wat deur Mazars geoudit word – onder die strengste maatstawwe van oopheid, verantwoordelikheid en aanspreeklik hanteer word. Bydrae ten op sigte van uitstaande begrafniskostes kan inbetaal word in die Moores Rowland-trust, Nedbank rekeningnommer 1091096236 (takkode 109114, verwysing: Bus Tragedy).

Meer inligting:

  • Laerskool Rheenendal: Mnr. Samuel Williams; telefoon 044 389 0013; e-pos head [by] rheenendal.wcape.school.za
  • Gemeenskapsnavrae en algemene bystand: Ilse de Beer; telefoon 044 388 4622; e-pos kirstil [by] mweb.co.za

EINDE